Stakers konsentreer op plundering


Die polisie se traanrook en rubberkoeëls verhoed nie die stakers om voort te gaan met hulle plundering en terrorisme nie.

Winkels word geplunder en beroof asof hulle saam met die landbouers verkwalik word vir iets onverstaanbaar.

Bome word langs die N1 aan die brand gesteek, ’n laaigraaf is vernietig, ’n woonwa is verbrand en ’n skeepsvrag houer is in ’n brand vernietig met die inhoud daarvan. Voertuie word met klippe gegooi en aan die brand gesteek.

Deur dit alles heen sê die kommunistiese Cosatu dat die gewelddadigheid gaan toeneem.

Cosatu woordvoerders sê ook dat hulle gereed is vir nog “ ’n Marikana in die Wes-Kaap”.

“….vanaand brand ons julle plase af. Die wingerde en die geboue”, is die jongste dreigement wat geuiter is.

Die vandale het reeds te kenne gegee dat die plundering na ander dele van die land se landbouers sal uitkring sodra dit in daardie dele oestyd geword het.

’n Bekende landbouleier het aan Die Vryburger gesê dat dit duidelik is waarom dit eintlik gaan. Die plundering is gerig teen die vernietiging van blankes se eiendom sodat die grondgryp-program versnel kan word.