So gaan jou geld in bodemlose put


Suid-Afrika se “tien tradisionele konings” geniet ’n heerlike lewe met belastingbetalers se geld.

Dié sogenaamde konings kry elk ’n salaris van R1 miljoen per jaar plus ’n klomp byvoordele.

Belastingbetalers het die afgelope jaar sowat R650 miljoen betaal vir die konings en tradisionele leiers van Suid-Afrika wat niks doen behalwe om lekker te lewe.

Die Departement van Samewerkende Regering het glo bevestig dat die tien konings en die 829 senior tradisionele leiers, asook die 5,311 hoofmanne en -vroue deur die Departement betaal word.

Natal het in 2012 sowat R60 miljoen aan koning, Goodwill Zwe¬lithini (64), se huishouding bestee. Zwelithini het ook ’n bykomende R18 miljoen gevra om onder meer ’n paleis vir die jongste van sy ses vroue te bou.

Die tradisionele leiers lewer nie produksie nie en handhaaf die toesighoudende funksies wat oor dekades (of eeue) toegepas is.

’n Woordvoerder van Oranje Sake Instituut het gesê die leiers is niks anders as ’n las vir die belastingbetalers nie. Daar kon duisende huise gebou word, of nuwe skole, of klinieke vir die sukkelende en verarmdes van die land.