Skelms se bod aanvaar by veiling


Drie swartmense is blykbaar in hegtenis geneem weens bedrog met motors wat by veilings in Noord-Transvaal met vervalste bank dokumente gekoop is.

Die betrokke Departement van Gesondheid het in verlede jaar ‘n aantal veilings gehou van ou voertuie.

Belangstellendes van die publiek, moes ‘n registrasiefooi van R5 000 betaal.

Blykbaar het ‘n sindikaat vervalste depositostrokies gemaak wat gebruik is om te registreer. Die groep het daarna op 11 motors ter waarde van R300 000 ’n bod gemaak en dit is op hulle toegeslaan.

Hulle het daarna weer vervalste depositostrokies gemaak om die Departement te laat dink dat hulle vir die voertuie betaal het.

Die skelms is daarna weg met die voertuie om dit vir kontant te gaan verkoop.

Dié nuwe kopers was salig onbewus van die skelmstreek.