Skaf skoolvak af !


’n Skool in Noord-Transvaal sal volgende jaar nie meer ’n rekenaar vak kan aanbied nie omdat al sy rekenaars stukkend is.

Die skoolhoof van die Mafolofolo Secondary School, sowat 30 km van Pietersburg het gesê hulle het nie geld om die rekenaars reg te maak nie en die Departement reageer nie op versoeke nie.

Die skool bied sedert 2008 die vak aan nadat Eskom tien herstelde rekenaars geskenk het en Anglo American tien nuwes. Anglo American het ook vir die rekenaarsentrum betaal.

Hoe die rekenaars almal onklaar geraak het is nie bekend nie.

’n Woordvoerder in die rekenaarbedryf het aan Die Vryburger gesê dit is vreemd dat 20 rekenaars skielik onklaar geraak het.

Die rekenaars kon sekerlik een-een herstel geword het soos wat hulle onklaar geraak het, was sy opmerking.