Seun sterf weke ná pa doodgeskiet is


Gerhardus Jacobus Rudolph, die seun van Gerald Rudolph, wat buite Brits deur terroriste aangeval is by die slaghuis, het in die hospitaal beswyk aan die talle skietwonde wat hy opgedoen het.

Dit kom nadat Gerrie Rudolph (31), wat vier weke gelede ses keer geskiet is in ’n terroriste aanval by Geluk-slaghuis Superette, net buite Brits waar hy en sy pa geskiet is.
Gerrie se pa, Gerald is op die toneel dood.

Gerrie, die pa van drie dogters van onderskeidelik vyf jaar, drie jaar en sewe maande, was vir drie weke in die intensiewe afdeling van die hospitaal. Sy ingewande het erg skade opgedoen met die ses koeëls wat hom getref het.

Belinda van Noord (42), Gerrie se suster, het ure ná sy dood gesê haar skoonsuster, Wilma, moes nog vir die twee oudstes vertel dat “Pappa kom nie meer huis toe nie”.