Sertifikaat bedrog oopgevlek


Die polisie in Oos-Kaap het ’n bedrogspul oopgevlek van ‘n onderneming in Umtata wat die regering se betaalstrokies, gewone identiteitsdokumente en matriek sertifikate vervals.

’n Polisie woordvoerder het gesê die Bears-meubelwinkel het die polisie genader nadat ‘n 39-jarige vrou die firma se personeel agterdogtig gemaak het. Sy wou ’n rekening open om meubels te koop.

Ná ‘n ondersoek is glo vasgestel dat sy werkloos is, maar ‘n vervalste regering salaris betaalstrokie asook ’n vervalste identiteitsdokument verskaf het.

Die vrou is in hegtenis geneem waarna sy die polisie na die plek geneem het waar sy die vervalste dokumente gekoop het.