Selbrandstofvoertuie kry hupstoot


Motorvoertuigvervaardigers het besluit om kragte saam te snoer om ‘n reeks bekostigbare selbrandstofvoertuie te verkoop vanaf 2017. Die motorvoertuie moet nul-besoedeling tenologie bevat.

Die motorvervaardiger-alliansie bestaande uit Daimler-Benz, Nissan en Ford het gesê dat hulle ‘n duidelike teken aan vervaardigers, beleidmakers en die motornywerheid wêreldwyd wil gee dat die saak nou ernstig aangepak moet word. Hulle het ook ander vervaardigers uitgenooi om saam te werk.

Net soos die Nissan Leaf moet die nuwe generasie voertuie slegs elektries aangedrewe wees. Soos tradisionele petrol en diesel aangedrewe voertuie moet dit in staat wees om langer afstande af te lê en moet dit binne minute herlaai kan word. Die tegnologie werk op die beginsel dat saamgeperste waterstofgas in ‘n tenk omskep word in elektrisiteit met behulp van suurstof en dat die uitlaatgas slegs waterdamp sal wees.