Sasolburg se oproer grens aan terrorisme


Na die geplunder van Sondag, het Maandag sy nuwe kwota gelewer waarin twee vragmotors deur die vandale van Zamdela- plakkerskamp aan die brand gesteek is.

‘n Vragmotor wat ‘n paar meter ver van die polisiekantoor gestaan het, is deur die skare verwoes en ‘n ander vragmotor is op die R82 verwoes.

Die situasie is besig om te vererger is die mening van ’n polisiebeampte.

‘n Polisievoertuig is vasgekeer in die modder en onrusstokers het die beamptes in die voertuig aangeval.

’n Waarnemer het aan Die Vryburger gesê die vandalisme en plundery van eiendom grens aan terrorisme en behoort in daardie konteks hanteer te word deur die polisie.