Sasolburg is terroriste gebied


Die polisie moes dringend versterkings inroep uit ander gebiede om behoorlike beheer uit te oefen oor die oproermakers. Ongeveer 100 polisiebeamptes, asook inwoners en joernaliste is by die Sasolburg-polisiekantoor gyselaar gehou deur die terroristiese bendes.

Berigte is ontvang dat ‘n man gedurende die oproer in die Zamdela omgewing doodgeskiet is. Dit het blykbaar gebeur toe ’n groep vandale ‘n winkel in Sasolburg wou plunder.

Die polisie het intussen ook erken dat die Zamdela plakkerskamp se polisiekantoor aan die brand gesteek is, sowel as die plaaslike Telkom-kantoor.
Die vandale wou deur ’n polisieversperring breek, waarna die polisie rubberkoeëls gevuur het op die groep.