RSA speel kersvader


Suid-Afrika het sowat R90 miljoen aan Mali geskenk om glo die geweld te bekamp. Dit is die uitspraak van Nosiviwe Mapisa-Nqakula, Minister van Verdediging.

“Namens president Jacob Zuma, skenk die Republiek van Suid-Afrika $10 miljoen (meer as R90 miljoen) aan die Mali-fonds vir die versterking van polisiemag,” het sy op ‘n skenkers konferensie in Addis Ababa, Ethiopië, gesê.

Mapisa-Nqakula het ook bekend gemaak dat Suid-Afrika ook noodleniging van R122 miljoen aan die land gestuur wat die totale hulp op meer as R200 miljoen te staan bring.

’n Woordvoerder van Oranje Sake Instituut het daarop gereageer en gesê dit mag dalk mooi klink om so behulpsaam te wees aan mense van ander lande, maar is dit regverdig teenoor die miljoene arm mense in die RSA? Dit klink eerder na grootdoenerigheid om Kersvader te speel, het hy gesê.