RSA se skole boer agteruit


Slegs 13,223 matrikulante wat in 2011 wiskunde geskryf het, kon meer as 70% behaal.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) het gesê die deel kandidate wat wiskunde met tussen 70% en 100% geslaag het, het van 8,3% in 2008 tot 5,9% in 2011 gedaal.

In 2011 het 224,635 kandidate wiskunde en 180,585 fisiese wetenskappe geskryf.

Die gedeelte wat tussen 50% en 69% vir wiskunde gekry het, het bykans dieselfde gebly.

Volgens die instituut het net 1 uit elke 5 kandidate meer as 50% in wiskunde of fisiese wetenskappe behaal.