Rowers besteel casino


’n Onbekende aantal mense is beseer toe 25 gewapende boewe Maandagoggend op die Carnival City casino naby Johannesburg toegeslaan het.

Volgens getuies het die rowers die casino omstreeks 02:30 bestorm en die situasie is later as chaoties beskryf.

Dit wil voorkom of die rowers die casino se kluis beroof het. ’n Onbekende bedrag is gesteel.

’n Skietery het ontstaan toe die polisie opdaag en twee SAPD lede is ernstig gewond.