Reuse tekort aan Balju’s in SA


Aansoeke vir 130 vakante poste vir balju’s het gesluit.

Jeff Radebe, Minister van Justisie het vandeesweek ’n beroep op belangstellendes gedoen om aansoek te doen.

Waarnemers meen dat behoorlik opgeleide persone nie meer die taak wil verrig nie weens die geweld in die land wat die beroep uiters gevaarlik gemaak het.

Blankes is ook nie meer bereid om in plakkerskampe en swart gebiede in te gaan nie.