Pssssst, gehoor wat sê die slimmes van: seldery?


Seldery werk uitstekend vir nek-, spier- en rugspasmas. Dit is ook ‘n goeie tonikum en stimulant en verlig winderigheid. Dit is baie ryk aan vitamien C, daarom is dit baie goed vir algemene gesondheid en om die liggaamweerstand op te bou en te versterk. Gooi maar ‘n ekstra stingeltjie in jou slaai gedurende die somer, of in jou sop in wintertyd – dit kan jou net goed doen!