Projek 2010 doen verslag


Gedurende die afgelope jaar het die bestuur van Projek 2010 gepoog om elke moord op volksgenote te dokumenteer met die nodige bewyse wat beskikbaar was vir elke besondere geval.

Die moorde op volksgenote het in sekere maande skrikwekkende hoogtes gehad. Soms was daar die stille hoop dat die volksmoord beëindig gaan word, net om weer te beleef dat die een wrede aanval op die ander volg, elke keer met groter wreedheid, met groter barbaarsheid.

In die jaar 2012 is nie minder as 131 moorde deur swart terroriste gepleeg op blankes in Suid-Afrika nie. Hiervan is die meeste moorde in Sentraal Transvaal (PWV) gepleeg. Nie minder as 54 gevalle is aangeteken nie.

Wes-Transvaal staan tweede in die lyn met 18 moorde. In die Vrystaat is 14 moorde gepleeg en 13 elk in Oos-Transvaal en Natal.

Wes-Kaap het 11 gevalle gehad, die Oos-Kaap 4, Noord-Transvaal 3 en Noord-Kaap het een geval in die Kuruman omgewing gehad.

Die bestuur van Projek 2010 doen weereens ’n beroep op lesers van Die Vryburger om enige gevalle wat dalk nie opgeteken is nie, aan te meld.
Dit kan maklik gedoen word deur die webblad te besoek by www.projek2010.co.za

Lesers word ook vriendelik versoek om ’n finansiële bydrae te maak aan Projek2010 aangesien die projek moet voortgaan met sy rekordhouding ter wille van die nagelag.

Die bestuurder van Projek2010 het aan Die Vryburger gesê dat die inligting soos vervat is op die webblad, ook aan die Boere-Afrikaner Volksraad beskikbaar gestel word om hulle saak op internasionale vlak te stel. Dit is dus lewensbelangrik dat ons volk op gereelde basis ’n geldelike bydrae sal maak om die projek te help finansier.