Pres. Zuma se mistasting van werklikheid


Pres. Zuma het Suid-Afrikaners ‘n voorspoedige nuwe jaar toegewens.

Hy het glo in ’n verklaring gesê dat die regering in 2012 baie vooruitgang gemaak het soos om “ons voort te gaan met ons poging om ‘n verenigde, nie-rassige, nie-seksistiese en voorspoedige Suid-Afrika te bou.

Hy het ook gesê daar moet vinniger beweeg word om sosio-ekonomiese vryheid te verkry,

Met verwysing na die laaste sensus opname het hy gesê die inligting dui daarop dat die regering besig is om vooruitgang te maak in gebiede soos basiese dienste en onderwys.
Die sensus het egter ook die gaping tuusen ryk en arm aangedui. Hieraan moet gewerk word het hy gesê.

Hy het ook na die geweld by Marikana verwys, en gesê probleme moet vreedsaam opgelos word.
’n Politieke ontleder het aan Die Vryburger gesê dat mnr. Zuma se mistasting van die werklikheid opvallend is. Geen vordering op onderwys gebied is gemaak nie, trouens, die agteruitgang is duidelik weerspieël in talle gevalle. Boeke wat nooit by skole afgelewer is nie, onder gekwalifiseerde onderwysers wat selde opdaag vir werk, en basiese dienste wat op elke dorp radikaal verswak, is alles deel van die verval, het hy gesê.

Mnr. Zuma is beslis nie op hoogte van sake nie, veral as gekyk word na die groot aantal stakings, die geweld, verkragtings en korrupsie, dan is die president uiters naïef oor die stand van sake in die land, het hy gesê