Polisiebeampte in hegtenis vir dubbele moord.

Een van die Metropolisie is in hegtenis geneem weens beweerde moord op sy meisie en dié se vriendin. Dit het in Soweto gebeur.

Supt. Wayne Minnaar van Johannesburg sê die 30-jarige beampte het sy die moorde gepleeg met sy dienspistool.

Die vrou se ma het saam met die vriend na die beampte se huis gegaan waar ‘n onderonsie ontstaan het en die beampte die slagoffers doodgeskiet het.

‘n Vyfjarige seun wat oorkant die straat woon, is in die proses ook raak geskiet in die been.

’n Ervare polisiebeampte sê dat die talle moorde wat gepleeg word deur polisiebeamptes met hulle dienspistool, is ’n bewys daarvan dat die keuring van lede vir die Mag hopeloos is.

Polisiebeamptes wat nie die nodige dissipline kan handhaaf nie, behoort nie met ’n vuurwapen uitgereik te word nie, het hy gesê.