Plundery, boewery en oproer versprei


Dit wil voorkom of die geplunder en vandalisme onder die dekmantel van swak dienslewering gepleeg word in die noorde van die Vrystaat.
Wat verontrustend is vir sakemanne van die omgewing, is die feit dat die onrus nou versprei na ander dorpe in die provinsie.

Sebenzile Ngangelizwe, ’n burgemeester, moes op Henneman onder polisie-begeleiding uit die Phomolong-stadion padgee. Betogers en oproermakers het hom en sy meelopers met klippe gegooi. ‘n Voertuig van die SABC is ook onder die klippe gesteek tydens die byeenkoms.

Ontstoke inwoners het glo geëis dat ‘n kliniek in die gebied gebou word.

Ook in die Zamdela plakkerskamp naby Sasolburg het die spanning hoog geloop, met inwoners wat paaie versper, voertuie aan die brand gesteek en buitebande gebrand het.