Petrolprysverhoging vir Februarie


Die petrolprys kan op 6 Februarie met ongeveer 24c per liter styg en dieselprys met ongeveer 26c per liter.

Daar was op 17 Januarie op 95-oktaan petrol ‘n onderverhaling van 30,8c per liter en 33,6c per liter op diesel. Die gemiddelde onderverhaling vanaf 27 Desember 2012 tot 17 Januarie 2013 was onderskeidelik 19,1c en 21,7c per liter op petrol en op diesel.

Alhoewel die ru-olieprys nie wesenlik verander het sedert die vorige brandstofprys vasstelling nie het die Suid-Afrikaanse geldeenheid se mini-ineenstorting teenoor die dollar ‘n beduidende bydrae gelewer tot die onderverhaling.