Padsterftes wys op oneffektiewe Departement


Die padsterftes gedurende die feesseisoen op Suid-Afrika se paaie staan op 1 279.

Verslae van die SAPD vir 1 Desember tot 1 Januarie het 1 067 ongelukke aangedui, wat tot 1 279 sterftes gelei het.

Die Verkeersdepartement het bygevoeg dat meer as 2 100 motoriste in die tyd vir dronkbestuur in hegtenis geneem is.

Waarnemers is van mening dat die aantal sterftes daarop wys dat die Verkeersdepartement nie streng genoeg optree nie. Elke jaar word die publiek gewaarsku dat daar streng opgetree gaan word, en later wys die statistieke dat die optrede nie voldoende was om orde te handhaaf nie.