Paarlberg verswelg in vlamme


‘n Brand wat na bewering Sondagmiddag in die Franschoek-gebied ontstaan het, woed onbeheersd voort in die rigting van die Paarl. Volgens inwoners van die Paarl, brand die Paarlberg reeds van gisternag af. Die bekende Taalmonument is op die Paarlberg geleë.

Daar is alreeds 6,000 hektaar, bestaande uit plantasies, boerderye en minstens twee eiendomme wat deur die vlamme verwoes is.

Alhoewel die Stellenbosch Munisipaliteit se brandweerdienste nie wil spekuleer oor die oorsaak van die brand nie, word vermoed dat die brand by die Groendal plakkerskamp ontstaan het…

Die denneboomplantasie bo die Wemmershoekdam voed tans die vlamme en nooddienste sukkel om by te bly met die snel verwoestende hel. Inwoners van brandgeteisterde gebiede in Franschoek en die Paarl is gereed om te vlug indien die teken gegee word dat hul hul huise moet ontruim.

Brandbestryders van die Oos-Kaap, Vrystaat en Kaapstad is ingeroep om uit te help in die Franschoek en Paarl-gebied. Vyf spanne is tans besig om hulle gewig by die Stellenbosch-span in te gooi, terwyl nog vyf spanne op bystand is.