Pa van tweeling doodgeskiet


Manfred Schmidt (42) van ’n kleinhoewe by Bredell, Kempton Park is doodgeskiet in sy slaapkamer gedurende die vroeë oggendure.

Die terroriste het teen die muur geklouter en hom op die verdieping se slaapkamer geskiet.

Sy vrou, Chantell, het onder die bed ingekruip, waar die moordenaars haar uitgesleep het.

Die egpaar se 14-jarige tweeling seuns het gaan kyk wat gebeur en is ook aangehou met ’n vuurwapen.

Twee skootrekenaars en selfone is gebuit. Daarna het hulle probeer om dieselfde te doen by die bure, maar was nie suksesvol nie.

Projek 2010 se woordvoerder het bekend gemaak dat dit die 14 de moord in Januarie 2013 is. Dit is gemiddeld een moord elke tweede dag.