Nuwe rooiwyn teen rumatiek


Die gesondheidsvoordele van ’n nuwe rooiwyn is deur ‘n Australiese biochemikus ontwikkel wat selfs rumatiek kan beveg.

Die rooiwyn het aandag getrek by ander wetenskaplikes nadat vasgestel is dat dit swaar gelaai is met anti-oksidante.

Greg Jardine van Brisbane in Australia het ‘n mengsel gepatenteer wat ’n anti-inflammatoriese middel is en ook rumatiek en chroniese moegheid kan verlig.

“Ons neem hierdie anti-oksidant, wat in lae vlakke in wyn voorkom, na ‘n vlak waar dit iets kan doen,” het hy glo gesê.

Die wyn word gemaak met die gewone wynmaakproses, alhoewel sekere ander prosesse ook nodig is, verduidelik hy.