Nuusflitse


• Noord-Korea het gister gesê hy sal voortgaan om vuurpyle te lanseer en ’n kernwapen toets uitvoer wat die VSA kan teiken. Só is die dreigemente teen ’n land wat Noord-Korea sy “geswore vyand” noem dramaties versterk.
• Die aansoek om verlof tot appèl wat die Outa gebring het teen die e-tol stelsel in Sentraal-Transvaal, het in die Appèlhof geslaag.
• Een van Suid-Afrika se grootste verspreiders van drank-produkte wil hê die nasionale tesourie en die minister van finansies moet die term “sonde¬belasting” afskaf.
• Daar is “belangriker” mense wat hulle moet help. So het ’n personeellid van die Kalafong-hospitaal se kraamafdeling glo gesê toe Cindy Esterhuizen (19) van Pretoria gesmeek het vir ’n keisersnee omdat sy ’n stuitligging-baba verwag het.
• Naas die verkeerspolisie is die polisie die korrupste instelling in die land, het appèlregter Leona Theron gister in Bloemfontein gesê.
• ’n Swart vrou in Suid-Afrika was erg verontwaardig toe sy van diefstal beskuldig is, maar toe word sy uitgevang in ’n foto op ’n sosiale netwerk!
• Ses swart tieners wat van moord op drie ander kinders beskuldig word, is borgtog geweier in Noord-Transvaal. Hulle is almal tussen 12 en 14 jaar en het glo Bafana Kekana (9), Hosea Kekana (10) en Johanna Kekana (12) in Augustus verlede jaar vermoor.
• ’n Reuse-ontploffing het ’n groot deel van die ondergrondse Iranse kern-aanleg by Fordo in puin gelê. Die aanduidings is dat dit sabotasie deur Israel en/of die VSA is.
• ’n Waghond-organisasie het gister berig 50,000 mense is reeds in Sirië dood sedert die opstand teen pres. Basjar al-Assad in 2011 begin het.
• Afrika moet so gou moontlik sy eie weermag kry sodat dit nie meer nodig is om op lande soos Frankryk staat te maak wanneer Afrika-lande interne probleme het nie, is die mening van Nkosazana Dlamini-Zuma, voorsitter van die Afrika-unie tydens die eerste AU-beraad onder haar leierskap..
• ’n Dwaal-koeël het deur die dak van ’n huis in Westdene, Johannesburg, getrek en ’n vrou, by wie Guillain-Barré sindroom gediagnoseer is, op haar bed in die been getref.
• Kobus Pretorius het ter versagting van sy vonnis in die Boeremag-hoogverraad saak getuig. Hy het aan die hof gesê hy glo nie meer in die utopie van vier Boeremag-republieke nie. Hy het ook gesê hy het in die tyd wat hy in die tronk was, nagedink oor sy lewe en dit waarin hy glo. Hy het alle bande met sy familie verbreek, omdat hulle hom nie met sy nuwe oortuigings aanvaar nie.
• Iran het daarin geslaag om ‘n aap die ruimte in te stuur, het dié land se ruimteagentskap gesê.
• Cosatu in Gauteng beplan om in Februarie wéér op te ruk teen die e-tolstelsel en wil dié keer die land tot stilstand bring.
• ‘n Brand wat buite Franschhoek in die Wes-Kaap ontstaan het, is besig om ’n denneplantasie bokant die Wemmershoekdam te vernietig.
• Brittanje het besonderhede bekendgemaak van planne vir spoorlyne met hoëspoed treine wat Londen met die noorde van Engeland sal verbind.
• Suid-Afrika het ’n stokkie gesteek voor ’n plan van die Verenigde Nasies (VN) om die vredesmag in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) die vermoë te gee om in die spervuur betrokke te raak indien daar gevegte uitbreek.