Nuusflitse


• ’n Medebeskuldigde in Julius Malema se korrupsieverhoor, die sakeman Lesiba Gwangwa, het volgens hofdokumente spook-werknemers gebruik om ’n multi-miljoen Rand staatstender te bekom.
• ‘n Portret van Mandela het onlangs ‘n rekordprys van R3,7 miljoen gehaal op ‘n veiling by ‘n ANC-fondsinsamelingsgeleentheid.
• Die Vrystaat se Departement van Gesondheid is tegnies bankrot en het dringend R400 miljoen nodig om rekeninge te betaal en noodsaaklike medisyne te koop. Blykbaar is R300 miljoen binne twee weke nodig om salarisse te betaal.
• Klagtes oor ’n gevaarlike gat wat die munisipaliteit vier maande gelede op ’n sypaadjie in die Bloemfonteinse middestad gegrawe het, val op dowe ore, sê sakelui. Hulle sê die munisipaliteit het die gat in Oktober in Oos-Burgerstraat gegrawe om aan waterpype te werk en staan dit nou nog oop. Dit is glo ’n hindernis en ’n gevaar vir klante, voetgangers en veral vir bejaardes.
• Die man wat volksverhale en Afrikaanse rympies letterlik by die volk gaan haal het en dit tot in die huis van lesers gebring het, is oorlede. Prof. Pieter W. Grobbelaar (82), kultuurhistorikus en skrywer wat meer as 200 boeke gepubliseer het, is Saterdag in ’n ouetehuis op Worcester oorlede.
• Twee Gautengse atlete is dood toe beide se hart in die see-swem gaan staan het tydens die Ysterman 70.3-driekamp-kampioenskap in Oos-Londen. Hul name is intussen bekend gemaak: Berton Bosman (37) en Kevin Staessen (29). Talle ander deelnemers het ook in die moeilikheid beland tydens die 1,9 km-swem in die see, het ’n toeskouer gesê.
• Wat eers na ’n terroriste aanval gelyk het, is later bevind as ’n liefdes-driehoek moord. Elmarie van der Berg, die Bloemfonteinse vrou wat selfmoord probeer pleeg het ná die moord op haar man, gaan waarskynlik ook weens sy mesdood aangekla word saam met die aangeklaagde Manie van Biljon.
• In die winter is elektrisiteit in Bloemfontein die duurste in die land – tot drie keer duurder as in ander stede in Suid-Afrika.
• Sowat 3 800 liter olie het naby die mees noordelike eiland van die Bahamas-eilandgroep in die see gelek.
• Tydens stakings word nie-stakende werkers dikwels in die openbaar verneder, aangerand en met wapens soos pangas en knopkieries vermink, en ander word vermoor. Dít is van die gevolgtrekkings van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIR).
• ‘n Dokter en sy vrou wat van mensehandel aangekla word en glo ‘n bordeel bestuur het, sal in ‘n hof in Durban verskyn.
• ‘n Indonesiese hof het ‘n 56-jarige Britse ouma tot die doodstraf gevonnis nadat sy kokaïen na Bali gesmokkel het.
• Een van die vermeende aanvallers van die 16-jarige Luday van der Merwe het in die hof ineengesak toe hy in die beskuldigdebank moes verskyn.