Nog honderde planete opgespoor


Die Kepler-teleskoop van NASA is daarvoor verantwoordelik dat 461 nuwe potensiële planete ontdek is. Hiervan is die grootste aantal byna dieselfde grote as die aarde.

Van die 2,740 nuwe hemelligame wat tot dusvêr gevind is het NASA en ander navorsers bevestiging gegee van 105 se bestaan.

Een van die nuwe planete wat sowat 1,5 keer groter as die aarde is en 242 dae neem om sy son te omwentel laat wetenskaplikes dink dat daar water op die planeet kan wees.