Negentig poste – 35,000 aansoekers


Die herrie is los nadat ses werksoekers in Natal aan hitte-uitputting dood is toe hulle ’n fiksheidstoets moes aflê om as verkeersbeamptes aangestel te word.

Die provinsiale verkeersdepartement het sowat 35,000 aansoeke gekry vir die 90 poste wat beskikbaar is. Deel van die swak georganiseerde keuringsproses was dat die aansoekers ’n fiksheidstoets doen waartydens hulle 4 km in 25 minute moes aflê.

Chaos het verlede Donderdag by ’n sportstadion in Pietermaritzburg geheers toe die eerste groep van ongeveer 15,000 aansoekers aan die fiksheidstoetse deelgeneem het in ’n uur van die dag waar die temperatuur na 32 grade geklim het..
Daar was geen waterpunte op die trajek nie en blykbaar ’n nooddiens by die eindpunt. Talle deelnemers moes tydens en ná die toets mediese behandeling kry vir onder meer ontwatering en hitte-uitputting.

Waarnemers het gesê dit is vreemd dat die provinsie waar daar jaarliks reëlings getref word vir langafstand wedrenne, geen behoorlike dienste beskikbaar gestel is om die deelnemers te versorg waar nodig mag wees nie.