Mynwerkers wil nou weer werk !


Die onwettige staking by die Harmony myn het tot gevolg dat meer as 5,000 werkers steeds wag om hul werk te hervat.

Die werkers wag om te hoor wanneer hulle na die werk kan terugkeer. Die Mynbase besin nog oor die myn se toekoms. Die finansiële implikasies en die operasionele vooruitsigte word hersien as gevolg van die onbeskermde staking en ondergrondse besetting van die myn wat eers op 21 Desember beëindig is.

Werkers kon as gevolg van hulle optrede nog nie terugkeer ná die myn vir die Kers- en Nuwejaar onderbreking gesluit het nie.

Harmony het die vakbonde laat weet dat hy “die finansiële en bedryfstatus” van die myn heroorweeg voordat hy die Kusasalethu myn heropen.

Kenners in die myn- en arbeid aangeleenthede sê die onwettige staking sal vir talle werkers ’n dure les wees aangesien hulle inkomste aansienlik gedaal het gedurende die tydperk.