Moorde versus padsterftes


Die Padverkeer bestuurskorporasie (PVBK), sê in ’n verklaring dat 13 802 mense in 2010-11 in padongelukke gesterf het. In dieselfde tydperk is 15 609 mense in Suid-Afrika vermoor wat beteken dat net 200 meer mense word vermoor as wat in padongelukke sterf..

Meer as 1 300 mense is sedert 1 Desember op die land se paaie dood.

Waarnemers sê dat die gegewens sorgwekkend is. Dit bevestig dat die land die Mekka vir misdadigers geword het. Die groot aantal moorde dui daarop dat die doodstraf heringestel moet word en dat die veiligheidsmagte hulle werk beter moet doen.

Die ongelukke op die paaie dui daarop dat die Verkeersowerhede nie in staat is om behoorlike beheer uit te oefen nie, word gesê.