Moltreinstelsel 150 jaar oud


Die Londonse ondergrondse vervoerstelsel vier vanjaar sy 150-ste bestaansjaar. Die stelsel was ingestel om die Londonse verkeersprobleem 150 jaar gelede te probeer oplos en was so suksesvol dat ander eerste wêreldlande soortgelyke stelsels ingestel het. Die moltreinstelsel in London vervoer dieselfde aantal passasiers as al die ander treine in Brittanje gesamentlik.

Die ondergrondse stasies, met sy ellelange roltrapstelsels, is net net beroemd as sy treine. Menige besoeker uit ander lande het al ervaar hoedat daar op hulle geskel word as hulle nie saam met die stroom mense op die roltrappe beweeg nie, terwyl dit dan etiket is dat sodanige onmobiele persoon aan die korrekte kant van die trappe moet gaan staan sodat passasiers kan verby beweeg.

Dit is ook interessant as daar na die treinspore afgekyk word om die dosyne rotte te sien wat bymekaar kom as ‘n trein verby beweeg het en dan haastig met vooruit kennis uiteenspat voordat ‘n mens nog bewus is van die volgende trein wat aankom.