Minister van Polisie moet kom kyk !


Die Minister van Polisie moet na my ouers kom kyk. Hy sal dan weet dat bewusmakingsveldtogte oor plaasaanvalle nie publisiteitsfoefies is nie.

“Dis onverantwoordelik en onsensitief om so iets te sê,” het een van die dogters gesê.

Pieter (58) en Elsa (55) Kolver is op hulle hoewe buite Bloemfontein aangerand en geskiet.

Dit is die sesde aanval sedert 1 Januarie in die Vrystaat.

Die egpaar is in die vroeë oggendure deur twee mans oorval en mev. Kolver is met ’n staalpyp geslaan terwyl mnr. Kolver in die arm geskiet is en steekwonde opgedoen het.

Die egpaar het verskeie ander wonde opgedoen en albei het ’n gebreekte kakebeen.

Gelukkig het mev. Kolver daarin geslaag om later hulp te ontbied. Beide is in die intensiewe eenheid van ’n hospitaal in Bloemfontein opgeneem.

Niemand is tot hede in hegtenis geneem nie.