Minimum lone gaan duisende werkloos laat


Soveel as 100,000 werkgeleenthede kan verlore gaan in die Wes-Kaap as die owerhede die minimumloon in landbou van R69 per dag tot R105 verhoog.

Die vêrdere implikasie is dat daar in die res van die land nog derduisende werkgeleenthede verlore sal gaan met die verhoging.

Bespiegelinge in landboukringe is dat die minimumloon van R69 per dag tot R100 of R110 per dag verhoog gaan word.

Die minister sal glo volgende week ’n mediakonferensie hou oor die aangeleentheid.

De Jager van Agri SA het gesê vir elke 50c wat boere meer moet betaal, gaan daar werkverliese wees.

Die oproer in die Wes-Kaap het daartoe aanleiding gegee dat menige boer gereed staan om te meganiseer en daarmee sy arbeidsmag drasties inkort as die looneise van werkers werklikheid word, het ’n landbouleier in Noord-Transvaal gesê.