McDonald’s se gemorskos


Mnr. Mornay Walters van die Wes-Kaap is baie ontsteld omdat hy glo ’n halwe wurm ingesluk het ná die eerste hap aan ’n burger wat hy by McDonald’s in Kaapstad gekoop het.

Hy sê hy probeer nou al ’n week lank om sy geld terug te kry. Die firma wil die burger vervang, maar wil nie sy geld terug gee nie.

Walters wil egter nie weer van die plek se kos eet nie want dit is werklik gemorskos, sê hy.

Hy sal nooit weer enigiets by McDonald’s koop nie. “Wie weet hoeveel wurms ek nie al ingekry het van die plek se burgers nie.”

Dit is die hoeveelste keer dat McDonald’s in die spervuur beland omdat daar goed in die kos voorkom wat nie deel van die resep is nie.