Marikana slagting: Nuwe feite


‘n Britse TV kanaal het blykbaar skokkende beeldmateriaal uitgesaai oor gebeure by Marikana. Die beeldmateriaal is deur middel van polisiebeamptes se selfoon opgeneem.

Channel 4 News het glo selfoon-video’s wat na bewering op 16 Augustus 2012 deur twee polisiebeamptes opgeneem is, uitgesaai.

Tot hede was net die beeldmateriaal van EWN, eNCA en CNN beskikbaar gewees.

Die selfoon opname toon dat die mynwerkers ‘n paar honderd meter weg was toe daar op hulle losgebrand is.

Die mynwerkers het blykbaar gevlug na die aanvanklike skietery, om skuiling te soek, en aangehou skree “moenie skiet nie”.

Die nuwe inligting bevestig eintlik wat Die Vryburger van meet af gedra het in sy berigte – die polisie het byna soos haatdraende barbare losgebars op die stakers.