Malema bankrot?


Die SA Inkomstediens het ‘n hofaansoek ingehandig met die doel om Julius Malema bankrot te laat verklaar.

Die Inkomstediens het blykbaar ’n aansoek by die Pretoriase hooggeregshof ingehandig om die voormalige ANC Jeugliga leier bankrot te laat verklaar.

City Press berig dat Malema die belastinggaarder R16 miljoen skuld en die SAID voer glo aan hy is “feitelik insolvent en in geen posisie om sy skuld te betaal nie”.

Waarnemers meen egter dat dit van weinig betekenis is aangesien Malema hom nie veel sal steur aan so ’n bankrot verklaring nie. Gerugte doen die rondte dat hy met nuwe bedrywighede besig is wat weer nuwe moontlikhede tot groter inkomste sal bied. Geen van die bewerings en gerugte kon as waarheid bevestig word nie.