Luuksheid vir Ministers onthul


Departement van Openbare Werke het in die boekjaar 2011/12 sowat R65 miljoen bestee aan verbeterings by huise van ministers en adjunkministers.

Volgens die koerant het Thulas Nxesi, die minister dié erkenning gemaak in reaksie op ‘n LP se vraag.

Die rekeninge sluit in: R15 miljoen wat aan Gugile Nkwinti, minister van Landelike Ontwikkeling en Grondsake se huis in Kaapstad bestee is. ’n Verdere R10,67 miljoen is vir “opknappingswerk” bestee aan ‘n huis wat Lydia Chikunga, Adjunkminister van Vervoer bewoon en R5 miljoen aan opgraderings aan ‘n huis wat aan Tina Joemat-Pettersson, Landbouminister toegedeel is.

Chikunga het glo gesê dit is onregverdig om gekoppel te word aan die buitensporige besteding.

“Ek het nooit opknappings van R10 miljoen versoek nie.”

Joemat-Pettersson se woordvoerder, Palesa Mokomele, het navrae na die Departement van Openbare werke verwys.