Luke Watson het aan die vooraand van die Super rugby seisoen blykbaar sy spyt uitgespreek oor sy neerhalende opmerking oor Afrikaners as “Dutchmen”.
“Ek is baie jammer dat ek dit kwytgeraak het. Dis een van die dinge in my lewe waaroor ek die meeste spyt is,” het die linkse kaptein glo gesê.
Watson het sowat vyf jaar gelede hewige reaksie ontlok toe hy in ‘n toespraak gesê het Suid-Afrikaanse rugby se probleem is veroorsaak deur “Dutchmen” wat alles beheer.
Hy bied ná sowat vyf jaar verloop het, nou verskoning aan en probeer verduidelik dat sy neerhalende uitlating in ’n “warm oomblik” gemaak is.
Waarnemers sê Watson weet hy is ’n gemerkte man en wil nou die weg baan dat hy nie te veel verniel word op die rugbyveld nie. Hy maak nou die verskoning omdat sy span vanjaar in die Superreeks gaan speel. Sy uitlating van destyds het sy werklike gesindheid openbaar, maar dit kom vyf jaar te laat.
’n Oud-Springbok rugbyspeler het aan Die Vryburger gesê dat Watson bekend is vir sy “Jingo siening”.
Hy is seker bang die publiek gaan hom weer boe. Dit help nie hy begin nou weer gatkruip nie. Ons het hom nie nodig in rugby nie. Ht was in elk geval nie goed genoeg om springbok te word nie en ons almal weet dit wasdit maar net politiek van bo af.
n Sot het meer verstand as Luke Kotse Watson. Wie dink hy is hy? Wat hy van ons dink het hy reeds uigespel. Daar isn stelreel wat se “as jy kwaad is, of bitter briesend, dan het jy die moed om dinge kwyt te raak wat jy andersins nooit sou kwyt raak nie”. Moroon. Watson het dit gedoen. Ek glo baie, soos ek, stel geensins belang in sy derderangse verskoning nie. Hy kan loop vlie!
Die probleem gaan veel dieper as Watson se uitlating. In SA sal Engels en Afrikaans nooit versoen nie. Engels sprekende Suid Afrikaners het maar almal in ‘n mindere of meerdere mate die Britse mentaliteit, en wat hy dink van ons Boere is maar wat ons dink van hulle as Engelse. Toe ons ‘n republiek geword het in 1961 moes ons die Engelse taal saam met die Engelse geldstelsel en die lidmaatskap van die Statebond uit die land geban het. Dan sou ons ontslae geraak het van die hoogmoedige Engelanders want hulle sou teruggegaan het na Engeland. Die goeies sou agterbly en met hulle sou ons kon saamleef. Ons sou ook nooit ‘n ’94 verkiesing gehad het nie, omdat ons sou nie met ‘n swart probleem in ons dorpe en stede gesit het nie. Trotse Zoeloes, Vendas, Xhosas ens sou in hulle eie onafhanklike state wees met grensnywerhede waarby almal sou baat. Die ANC sou steeds in oorsese lande bly en daar lawaai maak………..Aggggg Toggggg ………Lekker om te droom
As jy eers iets onnosel kwytgeraak het in die publieke oog, is dit onmoontlik om dit terug te trek. Hoekom is hy nou skielik jammer? Hoekom was hy nie jammer net nadat hy dit gesê het nie? Maklik! Hy was nie toe jammer nie, en is nou nog minder jammer.