Lekker-eet met belastinggeld


Drie van die land se grootste maatskappye in staatsbesit betaal groot geld om sake-ontbyte van die Gupta-familie, boesemvriende van Jacob Zuma, te finansier.

Die Guptas is glo die eienaars van die koerant The New Age, wat by sy reeks sake-ontbyte die gasheer was vir sprekers soos ¬Zuma, Radebe en Malusi Gigaba.

Inligting dui daarop dat Transnet al R17,5 miljoen vir 18 ontbyt-sessies opgedok het. Die reus wat nou die kragrekenings wil verhoog met 16& per jaar, Eskom, het tussen November en Desember R7,2 miljoen betaal om ses sessies te borg; en die SABC het die koerant nie ’n sent gevra om hul ontbyte regstreeks op SABC2 uit te saai nie.

Berigte is ook ontvang dat Telkom in die 2012-’13-boekjaar altesame R12 miljoen geborg het om 12 van dié sake-ontbyte moontlik te maak.