Landbouers en die stakers


Die staking van plaaswerkers begin weer Woensdag. Die onderhandelinge tussen vakbonde en landbouers het op niks uitgeloop.

Die vakbonde eis R150-00 per dag per werker. Tans is die loon tussen R70-00 en R90-00.

Landbouers het dit duidelik gemaak dat hulle op geen wyse die eis kan ontmoet nie, aangesien dit onbekostigbaar is.

Een boer het dit duidelik uiteen gesit.

As R150-00 per dag betaal moet word, styg sy inset koste met 45% en sy lone met R115%. Hy boer op 50 hektaar en het 189 werkers in diens. In kort kom dit daarop neer dat hy R14,000 per dag moet betaal, of R72,000 per week.

Dit is nie ’n kwessie van nie wil betaal nie, maar eerder ’n saak van onbekostigbaarheid. Met die loon van R150-00 per dag sal die werkers verminder moet word tot ’n vlak van bekostigbaarheid, het een woordvoerder gesê.