Laerskool spog met dertien tweelinge


In Vanderbijlpark is vanjaar 13 tweelinge in die skool. Van die tweelinge is vyf paar vanjaar vir die eerste keer op die skoolterrein as skoliere.

Daar is ’n paar identiese tweelinge. Die skool probeer die tweelinge skei in klaskamers sodat elke leerling tot sy volle potensiaal kan ontwikkel.

Twee tweelinge is vanjaar prefekte. Volgens Izelle Watermeyer, nog ’n gr. 1-onderwyser, gebeur dit min dat tweelinge wat geskei word, mekaar mis.
’n Paar jaar gelede het ’n identiese tweeling, wat in verskillende klasse was, plekke geruil. Die een was beter met wiskunde en wou sy boetie help deur sy toets vir hom te skryf.

“Die juffrou het dit agtergekom en hulle uitgevang,” het Schoeman gesê.

En asof al die tweelinge nie genoeg is nie het een van die skool se onderwyseresse, Frida Basson, se dogter twee tweelinge. Sy is dus vier keer ouma!