Lady Diana se omstrede foto


’n Foto van prinses Diana wat glo tydens ’n skivakansie in 1979 geneem is en nooit in enige tydskrif gepubliseer is nie, word eersdaags opgeveil.

Die foto is blykbaar enkele dae ná die aankondiging van Diana se verlowing aan prins Charles in 1981. aan die Britse koerant The Daily Mirror gestuur.

Die redakteur van die koerant het egter besluit om nie die “skandalige” foto van Diana, waar sy op haar vriend Adam Russell se skoot lê, te publiseer nie.

’n Bottel whiskey staan agter hulle op die vensterbank en die woorde “Not to be publi¬shed” is met ’n swart pen op die foto geskryf.

“Ek weet nie of dit ’n interne besluit of weens druk van die koninklike gesin die rede is waarom dit nie gepubliseer is nie,” het ’n woordvoerder gesê.