Kongokoors in Vrystaat gediagnoseer


Die Kalkfontein Natuurreservaat in die Vrystaat het tydelik gesluit nadat ’n werknemer met die lewensgevaarlike Kongokoors-virus gediagnoseer is.

Dié werknemer, ene Johannes Ngwato (46), ’n assistent by dié natuurreservaat naby Fauresmith, word in afsondering verpleeg.

Na verneem word, het Ngwato ’n bontpootbosluis aan sy klere gekry. Dit is onbekend waar die bosluis op hom beland het.

Ngwato het kort ná die ontdekking baie siek begin voel. Hy is deur dokters in ’n plaaslike hospitaal met die virus gediagnoseer en daarna per ambulans na Bloemfontein gebring.