Klein Megan is ’n wenner


Die Vryburger het verlede jaar in September berig oor die dapper stap wat klein Megan Croucamp geneem het deur te besluit dat haar been geamputeer word.

Megan Croucamp (8) ry al self fiets met haar nuwe been en sy hardloop die wereld vol!

Haar kunsbeen, wat sy in Oktober gekry het, word met ’n draadjie aan ’n voetpedaal vasgemaak. Sy moes met oefen-wieletjies aan die agterwiel van nuuts leer om weer fiets te ry.

Sy het ’n ere-gouemedalje van die skoolhoof ontvang nadat sy verlede week aan haar eerste naelloop tydens die laerskool se huissport deelgeneem het.

Haar ma, Irene, vertel sy was heel voor in die wedloop totdat sy skielik geval het, maar sy het net so vinnig weer opgestaan en vêrder gehardloop, al het sy toe laaste geëindig.

Megan speel ook netbal.