Kersdag toe treurdag


Kersdag moes ’n dag van vreugde en vrede gewees het, maar word toe ’n dag van vrees en verskrikking vir die Smit-gesin op hulle kleinhoewe naby Rustenburg.

Mnr. Wentsel Smit is die nag deur twee terroriste in sy huis doodgeskiet. Waar die klein gesin van drie die dag rustig wou deurbring, moes hulle die vader van die huis na ’n lykshuis laat gaan.

Mnr. Smit (40), ’n vragmotor¬bestuurder, en sy vrou, Lynette (33), met hul twee maande oue baba seuntjie, ook Wentsel, woon 25 km buite Rustenburg waar hy minute ná middernag noodlottig gewond is deur twee terroriste wat die huis op onverklaarbare wyse binne gekom het.

Na wat berig word is die egpaar se honde ook doodgeskiet.
Die egpaar het 13 jaar lank gewag vir hul baba.