Kat red lewe van sy baas


‘n Kat het ’n vreemde en onaardse geluid gemaak en daarmee sy baas se aandag gevestig op die inbreker buite sy venster.

Mnr. Dennis van den Berg van Claremont het gesê hy het agteroor gesit in sy sitkamer toe sy kat, Whisky, ‘n ongewone geluid gemaak het en op die vensterbank gespring.

Die eienaar van die kat het besef iets is aan die gang en het toe opgestaan en vasgestel dat ‘n man verby die venster na die kombuisdeur geloop het.

Die vermeende inbreker het op Dennis afgestorm maar hy het ‘n bofbalkolf, wat by sy deur gestaan het, gegryp en met die inbreker afgereken.

Hy sê dat die huiskat wat gewoonlik baie rustig is, waarskynlik sy lewe gered het.