Kanadese vliegtuig verdwyn in Antartika.


Die vlieënier van Kenn Borek Air in Calgary is een van drie Kanadese wat saam met die Twin Otter vliegtuig in Antarctica verdwyn het. Bob Heath is ‘n senior vlieënier wat waarskynlik saam met die vliegtuig en twee ander insittendes op die Queen Alexandra bergreeks in Antarctica verongeluk het. Die vliegtuig was oppad vanaf die suidpool na Italie. Die Kanadese was die enigste mense aan boord.

Die nuus dat Bob se vliegtuig geval het, het sy vrou bereik deur iemand wat haar geskakel het.

Bob en sy vrou Lucy woon in die Noord Westelike Territoriale Gebied in Kanada. Lucy se stem het gebreek terwyl sy met die pers gesels het. Sy het gesê dis die gewag vir die nuus wat mens klaarmaak, maak nie saak hoe goed die vlieënier is of hoeveel vliegure hy agter hom het nie.

Die lugdiens wat in Calgary gebaseer is het geweier om kommentaar te lewer. ‘n Reddings veldtog is uit New Zealand aan die gang gesit, maar slegte weer verhoed dat die soektog voortgaan.

‘n Woordvoerder van die soektog het gesê dat die terrein onbegaanbaar is en dat die vliegtuig op ’n plato geval het wat ongeveer 13,000 voet hoog is.

‘n Hercules C-130 het oor die gedeelte gevlieg waar die ongeluk plaasgevind het, maar kon nie die vliegtuig sien nie en moes omdraai a.g.v. swaar sneeu, swaar wolk bedekking en winde wat gewaai het teen 90 knope. Die soektog kan eers weer Vrydag voortgesit word omdat beter weer vir die tyd voorspel word.