Kanadese ekonomiese vooruitsig goed vir 2013


Kanada het 2013 positief binne gestap nadat die nuutste statistiek vrygestel is. Die Kanadese werkloosheid syfer het gedaal na die laagste in 4 jaar, naamlik 7.1%. Die Kanadese ekonomie het 40 duisend nuwe werksgeleenthede geskep gedurende Desember 2012.

Avis, die huurmotor maatskappy, het Zipcar uitgekoop vir USD491 miljoen en Hormel Foods het Skippy Peanut Butter gekoop vir USD700 miljoen. Crysler Canada het gesluit vir die fees seisoen met verkope wat gedurende 2012 gestyg het. Daar is dus hoop vir ‘n sterk handelsjaar vir Kanada se motor industrie, veral na Eerste Minister Stephen Harper aangekondig het dat daar ‘n nuwe fonds ingestel gaan word vir navorsing in die Kanadese motor mark om nuwe motors op die been te bring.

Kanadese burgers sien weereens uit na ‘n jaar waar die sterk ekonomiese klimaat van Kanada die van menige ander wereld lande oortref.