Jong Marcelle klief deur die lug


Marcelle Nienaber (15) van die Hoërskool Garsfontein in Pretoria het die jongste vroue vlieënier in die land geword.

Sy het met ’n Cessna 172 sowat 15 minute lank by die Wonderboom-lughawe foutloos in die lug gevlieg en toe ’n uitstekende landing gedoen.

“Ek was glad nie bang nie.” sê sy met ’n breë glimlag

Marcelle was drie jaar oud toe sy vir die eerste keer bo die wolke was saam met haar pa.

Marcelle het verlede jaar met vliegteorie aan die Hoërskool Garsfontein se vlieg-akademie begin.

In Augustus het sy met praktiese opleiding begin.

Nadat ’n eksterne moderator bevind het sy mag alleen vlieg, kon sy die lug maar blouer verf.

Ellen het gesê sy was in trane toe haar dogter die lug in trek.