Hooggeregshof sal besluit oor Afrikaans in hof


Annalise du Plessis wat vyf dae aangehou was nadat ’n landdros blykbaar nie haar borgtogaansoek in Afrikaans wou aanhoor nie is op pad Hooggeregshof toe met ’n eis van R600 000 skadevergoeding teen dié betrokke landdros en die Minister van Korrektiewe dienste.

Landdros Hasina Habib van die handelshof in Johannesburg het blykbaar ook geweier dat haar regsverteenwoordiger haar in die hof in Afrikaans toespreek.

Later het Habib glo ’n probleem gehad met die regsverteenwoordiger se kleredrag. Hy het toe geweier om die saak aan te hoor. Du Plessis se hofstukke vir die hooggeregshof in Pretoria, is gereed gemaak en sy het pas verlof van die hooggeregshof gekry om met haar eis voort te gaan.