Hand met sukses oorgeplant


Mark Cahill van Engeland kan al sy nuwe vingers beweeg nadat hy op 27 Desember die eerste Britse handoorplanting ondergaan het.

Dít was die 51 jarige Mark Cahill se droom dat hy ’n nuwe hand kon ontvang wat bruikbaar is.

Cahill het vyf jaar lank g’n funksie in sy hand gehad nie weens jig en gevolglike infeksie.

’n Span spesialiste het in ’n groot akademiese hospitaal, sy hand afgesit en in ’n agt uur lange operasie ’n skenker se hand oorgeplant.

Dit is die eerste handoorplanting ter wêreld wat met een operasie en met ’n amputasie voorafgegaan is.

Op die foto verskyn prof. Kay, die chirurg, saam met die pasiënt.